KOS IS OPPIE TAFEL - ASTV SE GUNSTELING KOSMAAKPROGRAM

KOS IS OPPIE TAFEL is al sinoniem met ASTV. Die Afrikaanse TV kanaal op die StarSat en OpenViewHD dekodeerders. Diegene wat nog nie KOS IS OPPIE TAFEL op die kassie gesien het nie, mis heelwat kykgenot en baie pret en natuurlik die heerlikste resepte!

Die idee met hierdie program is om jou as kyker, te motiveer en te inspireer om vyfster geregte in jou eie kombuis aanmekaar te slaan met doodgewone bestanddele wat in jou kombuis beskikbaar is. Maklik, eenvoudig... Dis ons wagwoord!

Willie en Etienne is ons staatmakers in die kombuis. Sonder enige snaakse fieterjasies slaan die twee manne die heerlikste geregte aanmekaar. Willie is lief vir tradisionele kosse (soos sy ma hom geleer het) en deel graag sy geheime met ons. En die meer "moderne" disse word ook gemaak, maar met 'n bietjie van 'n kinkel.

Die KOS IS OPPIE TAFEL-SPAN probeer deurentyd die kyker weer-en-weer laat terugkom vir nog lekker maklike resepte en ook, natuurlik, om vir Willie en Etienne in die kombuis dop te hou. Hulle is goeie vriende en ken mekaar se streke. Willie "sif" sommer droĆ« bestanddele met sy vingers en Etienne, die meer perfeksionistiese een van die twee, wil bv. baie graag eiers een-vir-een in 'n aparte bakkie oopbreek, tot groot frustrasie van Willie (want volgens Willie is dit sommer tydmors en hy wil nie sy hele jonglewe voor die kospotte staan nie..." :-)  Maar dis hierdie tipe dinge wat die program lekker maak. Geen pretensies. Geen vooraf ge-oefende woorde, geen teks. Regte of eerder "opregte" TV...


Willie kies al die resepte self en besluit wat in 'n reeks gemaak gaan word. Etienne val by Willie se planne in en dek dan 'n pragtige tafel. Maklike en weereens... geen duur, eksotiese items word gebruik om 'n gewone tafeldek om te tower in 'n prentjiemooi tafel vir jou gaste nie. Gebruik dit wat jy byderhand het. Moenie te veel geld spandeer nie. Beindruk jou vriende en familie met dinge wat in jou huis beskikbaar is. 

Etienne is gedurende die dag 'n onderwyser en in hierdie program kom dit sterk deur. Hy leer ons kykers meer van die ontstaan van sekere disse, die geskiedenis daarvan en gee oof so af-en-toe 'n kombuiswenk! 


Almal stem saam dat die twee aanbieders uitstekend in hul werk is en dat hulle vir nog lank op die kassie te sien sal wees.


So, as jy nog nie 'n dekodeerder het om na hierdie uiters gewilde program te kyk nie, moet jy gerus 'n dekodeerder oorweeg! (Besoek gerus www.astv.co.za of www.openviewhd.co.za of www.starsat.co.za vir meer oor die dekodeerders)


Vir meer informasie oor hierdie liplekker program, maak gerus kontak met:

Hilda Ferreira (Produksiekoordineerder)

e-pos adres: hilda@astv.co.za

NS. Advertensiegeleenthede is ook beskikbaar